Audrey hepburn cover
Het jy gehoor?

Hollywood-ikone se kleindogters

Selfs ná hul dood word die Oscar-wenners Audrey Hepburn en Grace Kelly, oftewel prinses Grace van Monaco, as styl-ikone beskou. En nou leef hul styl en skoonheid voort in hul kleindogters.

Audrey se kleindogter, Emma Ferrer

Haar pa, Sean Ferrer, is Audrey se eerste seun en enigste kind uit haar huwelik met die akteur Mel Ferrer. Sy is in 1968 van hom geskei. Toe sy 20 was, is Emma deur die model-agentskap Storm Models ontdek, en in 2014 het sy op die voorblad van die tydskrif Harper’s Bazaar verskyn.

Emma wil geensins ’n tweede Audrey wees nie. Inteendeel, sy wil net iemand wees op wie haar ouma sal trots wees, berig Daily Mail.

Sien jy die ooreenkomste raak?

FOTO: Harpar Bazaar

FOTO: Harper’s Bazaar

Grace se kleindogter, Jazmin Grace Grimaldi

Jazmin is die buite-egtelike dogter van prins Albert van Monaco. En hoewel sy nie in die paleis grootword nie, kan daar duidelike trekke van prinses Grace in haar gesien word. Die tydskrif Harper’s Bazaar het verlede jaar met haar gesels oor die ouma wat sy nooit geken het nie.

Jazmin se ouers het in 1991 ontmoet en in 1992 het haar ma, Tamara Rotolo, swanger geraak. Sy het besluit om haar dogter in Amerika groot te maak, uit die kollig uit.

FOTO: Instagram/Harper Bazaar

FOTO: Instagram/Harper Bazaar

Kan jy die ooreenkomste sien?

Lees nou