Het jy gehoor?

Clint Eastwood se seun in nuwe advertensie

Scott Eastwood wys weer dat hy sy goeie gene van sy pa geërf het in ’n nuwe advertensie-veldtog.

In dié veldtog lyk Scott – wat soos pa Clint ook ’n akteur is – stylvol, aantreklik en op ’n drumpel na sy pa toe dié ook in sy twintigs was. Maar as jy dink Scott ry net op sy beroemde pa se naam, misgis jy jou.

Scott Eastwood praat oor sy pa

“Ek is my eie mens met my eie loopbaan. Ek wil graag, soos my pa, ’n leier in die rolprentbedryf wees, maar ek wil glad as ’n ‘akteur se kind’ gesien word nie,” het Scott verlede jaar aan die tydskrif Town & Country vertel. Lees die hele artikel hier.

Wat dink jy van dié foto’s van die 28-jarige akteur?

scott eastwood boss 2 scott eastwood boss

Scott was vanjaar te sien in die fliek The Perfect Wave, waar hy ’n branderplankryer speel. Jy sal hom ook uit die TV-reekse Chicago Fire en Chicago P.D. herken as die polisieman Jim Barnes. Scott speel in vyf ander flieks wat ook in die volgende twee jaar uitgereik gaan word.

Clint het dié SA mansgroep ontdek

Is jy nuuskierig om te sien hoe Clint Eastwood as jong man gelyk het? Gaan kyk op SARIE se Pinterest na foto’s uit Dirty Harry se jong dae.

Gaan kyk op SARIE se Pinterest na foto's van Clint Eastwood in sy jong dae

Gaan kyk op SARIE se Pinterest na foto’s van Clint Eastwood in sy jong dae