Hollywood in my huis
Het jy gehoor?

‘Hollywood in my huis’ se lokprent – kyk dit hier!

Die nuwe plaaslike fliek Hollywood in my huis word in Junie vanjaar bekend gestel. Met sy romantiese storielyn, komiese kinkels en talentvolle akteurs is dié fliek die kyk werd.

Hollywood in my huis is ’n storie oor volwassewording en speel af teen die agtergrond van ’n Suid-Afrikaanse matriekafskeid in 2004.

Die storie fokus op ’n gewone tienermeisie – Jana van Tonder (Christia Visser) – wat in ’n arm spoorwegbuurt saam met haar disfunksionele ouers woon. Toe sy op televisie sien hoe Charlize Theron haar ikoniese Oscar-beeldjie wen, inspireer dit Jana om haar opkomende matriekafskeid in haar eie Hollywoodse rooitapyt-oomblik te omskep.

Bekendes soos Leandie du Randt, Elana Afrika-Bredenkamp, én Ballade se Edwin van der Walt is deel van die rolverdeling.

Indien die fliek se amptelike bekendstelling op 26 Junie soos ’n ewigheid voel, kyk solank na die lokprent:

Die tema-lied, ALLES GEE, is geskryf en opgeneem deur Joshua na die Reën.

Kyk uit vir die junie-uitgawe van SARIE waarin Joshua na die Reën sy eersteling wys!

Lees ook