Het jy gehoor?

Hollywood is sprokie-mal. Hoekom?

Charlize Theron as die wrede koningin in Snow White and the Huntsman, Julia Roberts as nóg ‘n bose koningin in Mirror Mirror in nóg ‘n Sneeuwitjie-sprokie. Twee weergawes van een sprokie.

Hollywood se voorliefde vir sprokies die afgelope tyd het begin met Tim Burton se suksesvolle Alice in Wonderland in 2010. Red Riding Hood, vervaardig deur Leonardo DiCaprio en met Amanda Seyfried in die hoofrol, is ‘n donker verwerking van die bekende Broers Grimm-sprokie en het verlede jaar die lig gesien.

Ander projekte wat wag om die grootskerm in 2013 te tref, is Hansel & Gretel: Witch Hunters en Jack the Giant Killer. Enchanted 2, Pan is in produksie en het ‘n interessante kinkel – Peter Pan is ‘n ontvoerder en Captain Hook is die polisieman wat hom jaag.

‘n Nuwe weergawe van Beauty and the Beast met Emma Watson van Harry Potter-faam is op pad asook ‘n Tim Burton-verwerking van Pinocchio met Robert Downey Jr in die hoofrol.

Die heel nuutste sprokie-fliek wat amptelik bevestig is, is Maleficent – ‘n nuwe weergawe van die Slapende Skone, dié keer met Angelina Jolie in die bose rol van Maleficent. Verfilming skop in Junie vanjaar af.

Die vraag is – hoekom val Hollywood vir die een sprokie ná die ander? Dis nie ‘n nuwe ding vir Hollywood nie! Disney doen dit al vanaf 1937 met die animasiefliek, Snow White and the Seven Dwarves. Maar die belangrikste aantrekkingskrag vir filmbase is dat ‘n sprokie onmiddellik ‘n emosionele aar by die kykers raakboor. Ons het tog almal met sprokies groot geword.

Maar dié donkerder weergawes wat in 2012 en 2013 die groot skerm tref, is spesifiek gemik op die tienermark wat met Harry Potter groot geword het en nou ‘verslaaf’ is aan die hoogs suksesvolle Twilight-reeks. Dit lyk of hierdie nuwe trend ‘n reuse geldmasjien vir Hollywood gaan wees.

  • Chris Nel

    Sprokies is liegstories oor die bonatuurlike onrein gees-wereld, en hoe meer hierdie geeste in kinders se koppe in kan dring, hoe groter houvas het die Satan se magte oor die nageslag. Inteendeel, dit gaan so erg dat net 7,000 manne regoord ie hele wereld nie die draak aanbid nie.

    Rom 11:4 Maar wat sê die Spraak van Elohim aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.

    En die hele wêreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesê: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?
    [Openbaring 13:3-4]

    En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige YHVH ELOHIM. [Openbaring 16:13-14]

  • GlangeBaiming

    usbcw air jordan pas cher apws

    http://www.frzichaussuresjordnnensoldes.com/