Jennifer Aniston
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Hollywood-kinders wat nie hul A-lys ouers na hul troues nooi nie

Hoe gemaak as jou ouers té bekend is om na jou troue te nooi, of jy weet hulle gaan hulself nie gedra nie? Hollywood is soms ’n vreemde plek en dié drie troues is beslis ’n bewys daarvan. 

1. Isabella Cruise (22), die aangenome dogter van Tom Cruise en Nicole Kidman, is verlede week met Max Parker getroud. Hulle het minder as ’n jaar uitgegaan voordat hulle die groot stap geneem het, berig People.

Hoewel Tom vir die intieme seremonie betaal het, is hy en Nicole nie na die troue genooi nie. Isabella het gevoel haar bekende ouers sou te veel aandag trek. Daar was slegs 18 gaste by die troue.

2. Francis Bean Cobain (23), die dogter van Kurt Cobain, die oorlede Nirvana-sanger, en aktrise Courtney Love, het ook onlangs getrou. Haar omstrede ma wat ’n geskiedenis met dwelmmisbruik het, was nie eens bewus van haar dogter se trouplanne nie, berig BuzzFeed. Francis se man, Isaiah Silva, is die hoofsanger van die musiekgroep The Eeries en lyk baie na haar pa.

Courtney het op die nuus dat Francis in haar afwesigheid getrou het op Instagram gesê sy is nie spyt dat sy nie daar was nie.

3. Jennifer Aniston het by haar uiters private troue in Augustus ook nie haar ouers vertrou om daar te wees nie. Jennifer se ma, Nancy Dow, het al verskeie kere Jennifer se privaatlewe in die media bespreek, berig Hollywood Life. Die Friends-ster het duidelik genoeg daarvan gehad en die groot dag sonder Nancy of haar pa, John Aniston, gevier. Nancy was ook nie in 2000 na haar troue met die akteur Brad Pitt genooi nie.

Bronne: PeopleHollywood Life en BuzzFeed

Lees ook