Het jy gehoor?

Nuwe Homeland-reeks in SA geskiet

Die Golden Globe-bekroonde Amerikaanse TV-reeks Homeland trek een van die dae na sonnige Suid-Afrika vir die verfilming van die reeks se vierde seisoen, volgens Film Contact.

Dié gewilde reeks wat gaan oor hoe die CIA-agent Carrie Matthison (Claire Danes) terrorisme wil hokslaan is al in Israel, Puerto Rico en Marokko verfilm. En nou gaan gedeeltes van die vierde seisoen in Suid-Afrika geskiet word. En dié reeks se uitvoerende vervaardiger, Alex Gansa, het besluit dat Kaapstad net die regte plek hiervoor is.

Claire Danes FOTO: Gallo Images/Getty Images

Claire Danes FOTO: Gallo Images/Getty Images

Kry Claire Danes se voorkoms só

Homeland het in 2012 én 2013 die Golden Globe vir die beste drama-reeks ontvang. Buiten vir Claire (Romeo & Juliet, Little Women), speel die sterre Mandy Patinkin (Criminal MindsChicago Hope) en Rupert Friend (Pride & Prejudice, The Young Victoria) ook in dié reeks.

Sun City toneelagtergrond vir nuwe Hollywood-fliek

Hier is ’n kort lokprent oor wat kykers van die vierde seisoen kan verwag

BRON: Film Contact

Het jy geweet dié Hollywood-flieks is in SA geskiet?