Het jy gehoor?

Hollywood-sterre maak nuwe TV-advertensie vir D&G

Dolce & Gabbana stel binnekort ’n splinternuwe video-advertensie bekend. Stefano Gabbana het foto’s op Instagram gedeel van die Italiaanse regisseur Martin Scorsese wat in die strate van New York saam met Scarlett Johansson en Matthew McConaughey werk.

Matthew en Scarlett is al vir jare die gesigte van onderskeidelik die mans- en vrouegeur van Dolce & Gabbana The One, maar hierdie is die eerste keer dat die twee Hollywood-sterre saam in ’n advertensieveldtog gaan verskyn.

Het jy al gesien hoe Scarlett in die fliek Hitchcock, wat vroeër die jaar gedraai het, lyk?

6_400w

Kyk net hoe mooi is Scarlett in ’n vorige video-advertensie van Dolce & Gabbana The One!

Die advertensies is vir ’n splinternuwe veldtog wat die bestaande The One-reeks se mans- en vrouegeur saam gaan adverteer. Volgens E! Online en Daily Mail was Scarlett en Matthew vroeër die jaar ook saam in ’n fotosessie op die strand in Los Angeles vir dié veldtog.

3_crop_630w

 

 

 

 

 

 

 

Kyk hier hoe mens ‘n mengeldrankie, die Matthew McConaughey, maak!

Met Martin Scorsese (Gangs of New York, The Aviator, The Departed, Shutter Island en Hugo) in die regisseurstoel is ons seker dié advertensie gaan ons na ons asem laat snak. Op die foto’s sien ons Scarlett en Matthew in die strate van New York en in ’n swart, klassieke afslaankapmotor van Alfa Romeo, waar hulle ’n verliefde paartjie speel.

5_crop_400w

 

Martin Scorsese is ook die regisseur van ’n nuwe fliek met Matthew, Leonardo DiCaprio en Jonah Hill, The Wolf of Wall Street. Dié rolprent, gegrond op ’n ware verhaal, begin in November in die VSA draai.

Kry Scarlett se voorkoms in die SARIE-winkel

Kant – soos dié op Scarlett se rok is besig om die modewêreld oor te neem. Alhoewel dit ‘n baie vroulike en romantiese materiaal is, is die tendens om dit meer edgy te dra in verskillende kleure en met stywe materiale af te wissel. Sien voorbeelde daarvan hier.

Vir ‘n meer vroulike voorkoms kies die “MIDI LACE”-rok – beskikbaar in 3 stylvolle kleure:

  • Die beste maniere om dié kant-trend te dra is as detail of ‘n laag-op-laag-voorkoms.
  • Kant kom tot sy reg as jy helder of metaalkleurige skoene daarby dra.
  • Die sêding “goedkoop koop, is duur koop” is veral gepas by dié materiaal. Goedkoop kant, of klere met kant wat nie mooi afgewerk is nie, kan baie vinnig goedkoop lyk. Kies eerder items van ‘n hoë gehalte.
  • Pas jou kant-kledingstuk mooi op! Probeer om nie juweliersware of ander bykomstighede te dra wat daaraan kan haak nie. Was dit eerder met die hand of op ‘n ligte siklus in die wasmasjien.

Kyk die voorprent van The Wolf of Wall Street hier: