FOTO Getty Images / Gailo Images

FOTO Getty Images / Gailo Images

Het jy gehoor?

Hollywood-sterre se gewone eggenote(s)

In 1999 het Hugh Grant en Julia Roberts in die rolprent Notting Hill gespeel, waar ’n Hollywood-ster verlief raak op die eienaar van ’n boekwinkel. Die tweetjies trou aan die einde en bly gelukkig saam in Londen. Hoewel dit ’n fiktiewe storie was, is daar werklik sterre wat met doodgewone mense getrou het.

Matt Damon

In 2003 was Matt besig om die rolprent Stuck on You in Miami te verfilm. Een aand wou die span ’n bier gaan drink, maar Matt was glad nie lus om saam te gaan nie. Ná veel oorreding het hulle hom tog saamgesleep. En toe Matt sy voete in die kroeg sit, sien hy vir Luciana Barroso, ’n kelnerin agter die toonbank. Sy asem was weggeslaan. Die paartjie is in 2005 getroud en het vier kinders.

Kyk hoe vertel hy dié storie aan Ellen DeGeneres in 2011:

 

Patrick Dempsey

Wie kan nou vir McDreamy van die ABC-reeks Grey’s Anatomy vergeet? Op ’n dag het Patrick het sy hare laat sny, en toe is Jillian Fink dié dag sy haarkapper. Drie jaar later het hulle op hul eerste afspraak gegaan. Die paartjie is in 1999 getroud en hulle het drie kinders. Sy sny ná al die jare steeds sy hare.

 

Jeff Bridges

Toe Jeff in 1974 die fliek Rancho Deluxe geskiet het, het sy toekomstige vrou, Susan Geston, as kelnerin gewerk op die stel. Susan was besig om verskeie werke te doen terwyl sy studeer. Jeff het eers aan die einde van die dag die moed gehad om haar uit te vra, maar sy het nee gesê. Jeff kon haar nie uit sy kop kry nie en het haar maande later weer gaan opsoek. Die paartjie is nou al 39 jaar lank getroud en het drie dogters.

 

Meryl Streep

Dié Oscar-wenner het in 1978 met die beeldhoukunstenaar Don Gummer getrou. Hulle het vier dogters en een seun. Toe Meryl in 2012 haar derde Oscar wen, vir haar spel in The Iron Lady, het sy heel laaste vir Don bedank. “Alles waarvoor ek dankbaar is het jy vir my gegee.”

Bron: Business Insider

Lees nou

Kendall Jenner pronk op Vogue

Hitchcock, die ‘meester van spanning’, verjaar!

Is Kate se hare blond? Of is daar twee …