Het jy gehoor?

Hierdie Hollywood-sterre was huismaats

Wie sou kon dink dat die politikus Al Gore en die akteur Tommy Lee Jones eens op ‘n tyd huismaats was? E! Online het sterre opgespoor wat eens huismaats was – en van die kombinasies is vreemd!

[box:full:red:both]

Ben Affleck & Matt Damon

Voor dié twee Oscar-bekroonde vriende ryk en suksesvol was, het hulle saam aan Good Will Hunting se draaiboek geskryf – sommer in die huis wat hulle gedeel het!

[/box]

Al Gore & Tommy Lee Jones

Die voormalige Amerikaanse Vise-President en die bekroonde akteur was kamermaats terwyl hulle by Harvard Universiteit in Boston studeer het … slimkoppe!

[box:full:red:both]

Michael Douglas & Danny DeVito

Michael DouglasDanny de Vito 

Dié twee sterre het in die 1960’s saam gebly.

[/box]

Christopher Reeve & Robin Williams

Die oorlede Superman en grapjas Robin Williams het saam klas geloop by die Juilliard kunsskool in New York voordat hulle bymekaar ingetrek het.

[box:full:red:both]

Jude Law en Ewan McGregor

Jude LawEwan McGregor

Die Britse akteurs het ook eens saamgewoon voordat hulle sterre geword het.

[/box]

Kiefer Sutherland en ….

Kiefer Sutherland

Kiefer Sutherland van 24-faam het twee bekende huismaats gehad: die ster van Iron Man, Robert Downey Junior én Gene Hackman.

Ander bekendes wat onder een dak gebly het, is Jax Taylor en Channing Tatum, Connie Britton (Friday Night Lights) en Gilmore Girls se Lauren Graham, die Gossip Girl-sterre Chace Crawford en Ed Westwick.

Wie sou kon raai? Ons wonder wie van dié sterre het nie die skottelgoed gewas nie …

* Lees meer op E! Online.