FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Hollywood-stiliste verklap ’n paar geheime

Top-Hollywood-stiliste verklap aan Radar-online hoe sterre hul voorkomste verander het.

Blake Lively

Blake Lively

Blake Lively

“Toe Blake in Hollywood begin het, was haar styl baie eenvoudig, nog glad nie couture nie,” meen die stilis Danna Weiss wat saam met groot sterre soos Heidi Klum en Molly Sims werk.

Die mode-kenner Katie Rice Jones sê dié Gossip Girl-ster se geheim is haar lenige lyf. “Met haar supermodel liggaam werk die meeste couture klere aan haar.” Iets wat nie by alle mense pas nie. Om dié rede was dit maklik vir dié voormalige vaal meisie om in ‘n mode-ikoon te ontpop.

“Een ding wat wel nie verander het nie, is haar kenmerkende lang golwende hare,” sê Donna.

Blake Lively in nuwe Chanel-advertensie

  • Trek volgens jou lyf aan
  • Moenie jou kenmerkende styl opgee nie
  • Hou by die nuwe trends maar moet dit nie slaafs navolg nie

Emma Stone

Emma Stone

Emma Stone

Ons het Emma as ‘n tiener leer ken in flieks soos Easy A en Superbad. Deesdae is sy een van Hollywood se bekendste aktrises en speel in groot films soos The Help en Spiderman.

Die geheim van haar transformasie? Tyd.

Haar grimeerkunstenaar, Valerie Sarnelle, sê Emma se styl het saam met haar grootgeword. “Ons maak nou gereeld haar oë donkerder met ‘n oogpotlood. Omdat haar oë sag is, kan sy daarmee wegkom.”

Die meeste mans wil met Emma uitgaan!

  • Trek aan en grimeer volgens jou ouderdom
  • Kies jou beste kenmerk en beklemtoon dit
  • Laat jou klere jou persoonlikheid weerspieël

Selena Gomez

Justin Bieber se aan-en-af liefde se Disney-dae is agter haar – en dit word ook in haar styl gesien. Die stilis Kazumi Morton sê haar hare wat sy deesdae in golwende lokke dra, help met haar nuwe volwasse voorkoms.

Nicole Kidman

Nicole Kidman

Nicole Kidman

Nicole het haar krulhare verruil vir gladde reguit hare. Lauren Rae Levy, stilis vir die sterre, meen dít het Nicole laat verander van ‘die buurmeisie’ na die sexy verleidelike karakter.

Maak só krulhare reguit

  • Ouderdom beteken nie jy kan nie in die mode wees nie

 

 

 

 

 

Jennifer Aniston

Jennifer Aniston

Jennifer Aniston

Daar is twee Jennifers – pre Rachel-hare en post Rachel-hare. “Ná sy die wêreld se aandag getrek het met haar bekende haarstyl, The Rachel, het haar styl ook verander,” meen die Hollywood-stilis Marco D’Angelo. “Deesdae dra sy minder grimering, byna nooit helder lipstiffie nie en kies eerder simplisitese klere met skoon lyne.”

FOTO: Jennifer Aniston lyk pragtig sonder grimering

  • Styl gaan nooit uit die mode nie
  • Kies jou haarstyl om by jou gesigsvorm te pas
  • As iets vir jou werk, hou daarby maar dateer dit elke nou en dan op

 

Beyoncé

Beyoncé

Beyoncé

Danna Weiss sê Beyoncé het ná Destiny’s Child haar voorkoms heeltemal verander. Eers was sy R&B, nou is sy Hollywood-glans.”Haar kurwes sit ook op die regte plekke om soos ‘n outydse Hollywood-ster te lyk.”

Oprah, Angelina, Beyoncé onder die 100 magtigste vroue

  • Jy is nooit te oud om jou styl te verander nie
  • Waardeer jou kurwes!

 

 

 

Angelina Jolie

Angelina Jolie

Angelina Jolie

Die wêreld het Angelina leer ken met donker grimering, swart klere – meestal van leer – en met ‘n buisie bloed om haar nek.

Vinnig het sy verander in ‘n ware glansgodin. Die grimeerkunstenaar Katie Rice Jones sê Angie se geheim lê in haar grimering. Sy verdonker nie meer haar oë so hard nie, maar kies eerder ‘n rokerige oog wat sagkens haar diepgroen oë beklemtoon.

Rokerige oë in drie maklike stappe

  • Jou styl moet verander soos wat jy verander

 

 

Bron: Radar-online