FOTO: Instagram  realbkristinahg

FOTO: Instagram realbkristinahg

Het jy gehoor?

Hollywood treur oor Whitney Houston se dogter se dood

Die ontslape sangeres Whitney Houston se dogter, Bobbi Kristina Brown, is ná ’n koma van byna ses maande oorlede, berig E! Online

Die Houston-familie het dié hartseer nuus in ’n verklaring bekend gemaak: “Bobbi Kristina Brown het op 26 Julie 2015 gesterf, sy was omring deur familie. Sy het nou uiteindelik vrede in God se arms. Ons wil weereens almal bedank vir hul liefde en ondersteuning gedurende die afgelope paar maande.”

Volgens People is die 22-jarige op 31 Januarie bewusteloos in haar bad gevind. Bobby Kristina is met masjiene aan die lewe gehou, maar toe haar toestand versleg, is sy in Junie na ’n hospies verplaas.

Heelwat bekendes het hul meegevoel betuig.

Die kletskoningin Oprah Winfrey het getwiet: “Uiteindelik vrede #BobbyKristina.” Die realiteitster Kylie Jenner het ook dié sosiale media-platform gebruik om hulde te bring: “Rus in vrede #BobbyKristina. Ek het die kans gekry om een keer met jou te kuier en ek sal jou nooit vergeet nie! Dit is so hartseer.”

Bobbi Kristina se dood kom meer as drie jaar ná die van haar ma – op 11 Februarie 2012. Whitney Houston is ook in haar bad gevind. Beide ma en dogter het met ’n dwelmprobleem gesukkel.

Bronne: E! Online en People

Lees ook