300.ab.simpson.070612
Het jy gehoor?

Hollywood-babas waar jy kyk! Nóg 2 gebore

En haar naam? Penelope Scotland Disick

“Ons is opgewonde om ons engel, Penelope Scotland Disick, te verwelkom. Ons is so geseënd. Ma en baba rus goed,” het Kourtney aan E! News vertel. Penelope is ‘n sussie vir Mason, haar 2-jarige broer.

Kourtney Kardashian met haar eerste baba se geboorte in 2010

Foto: Kourtney en baba Mason op die voorblad van Life & Style in 2010.

Sienna Miller is ook Sondag (8 Julie) ‘n eersteling ryker. Sy en haar verloofde, Tom Sturridge, se babadogtertjie is in Londen gebore. Haar naam is Marlow.