FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Hollywood-ster: My dogter hou nie van my sproete

Die Hollywood-aktrise Julianne Moore word geken aan haar rooi hare en baie sproete. Haar dogter is egter nie so dol op Ma se sproete nie.

Só skryf die Britse  Daily Mail. Volgens dié koerant het Julianne in ’n onlangse onderhoud vertel dat haar sproete, wat ook volop op haar arms en bene is, haar lankal nie meer regtig pla nie.

Partykeer besluit tydskrifte egter om foto’s van haar te redigeer sodat haar sproete minder sigbaar is. Toe haar dogter, Liv (11), eenkeer so ’n voorblad sien, het haar reaksie bewys dat sy nie dieselfde voel oor haar ma se sproete nie.

Julianne Moore, Redbook Februarie 2009

Julianne Moore se sproete is duidelik sigbaar op dié voorblad, Redbook Februarie 2009

“Die lyk glad nie soos jy nie… jy lyk beter daarsonder [die sproete],” het Liv glo vir haar ma gesê.

Julianne Moore, Allure Februarie 2007

Op dié foto sien mens nie hoe baie sproete Julianne Moore werklik het nie, Allure Februarie 2007

Julianne het al erken dat sy as kind baie sensitief oor haar sproete was omdat sy alewig gespot is daaroor. In 2007 was die bynaam wat kinders haar op skool gegee het die inspirasie vir ’n kinderboek waarin sy kinders se negatiewe houding oor sproete wil verander.

Freckleface Strawberry, deur Julianne Moore

Freckleface Strawberry, deur Julianne Moore

Vandag is daar ’n hele reeks boeke onder die titel Freckleface Strawberry.

BRON: Daily Mail

WAT DINK JY? LYK JULIANNE BETER MET OF SONDER SPROETE? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!