sr1302_straat_praatjies_30_
Het jy gehoor?

Hoogtepunte van die Oscar-toekennings deur die jare

1929
Die eerste Academy-toekennings word in die Blossom Room van die Hollywood Roosevelt Hotel gehou.

1969
Twéé aktrises, Katharine Hepburn én Barbra Streisand, wen die toekenning vir Beste Aktrise.

1971
Die akteur George C. Scott weier om sy toekenning vir Beste Akteur te aanvaar omdat hy teen toekenningsgeleenthede gekant is. Twee jaar later, in 1973, weier Marlon Brando óók ’n Oscar vir Beste Akteur vir sy rol in The Godfather. Hy het gevoel Hollywood beeld Amerikaanse Indiane op ’n vernederende manier uit.

2004
Charlize Theron (regs) wen die Oscar vir Beste Aktrise vir haar rol as die reeksmoordenaar Aileen Wuornos in die fliek Monster.

2006
Die Suid-Afrikaanse fliek Tsotsi wen die Oscar as Beste Buitelandse Fliek.

Die 85ste Academytoekennings word op 25 Februarie om 20:30 op M-Net en M-Net HD uitgesaai. Ons kies elke jaar die toprokke op sarie.com. Hier is ‘n voorspelling van vanjaar se rokke.