hugh_grant
Het jy gehoor?

Hugh Grant word pa

Volgens berigte is Hugh Grant (51) in die wolke oor sy babadogtertjie wat in Oktober gebore is. Hoewel hy en die ma (wie op dié stadium onbekend is) nie meer bymekaar is nie.

‘n Bron het aan US Magazine vertel dat Grant ‘n wonderlike pa gaan wees, en dat hy gloei oor sy eersteling. “Hoewel hy en die ma nie meer saam is nie, is hy ontsettend bly!”

Grant, wie se paaie al met Elizabeth Hurley en Jemima Kahn gekruis het, was onlangs verbind aan die Sjinese aktrise Tinglan Hong. Maar dit is onbekend of sy die ma van sy babadogter is.

Oor kinders het hy al in die verlede gesê dat dit goed sal wees om vir iemand om te gee, ten spyte daarvan dat hy baie van homself hou. Hy is die peetpa van Elizabeth Hurley se seun, Damian.

  • JF

    Haat dit as mense heeltyd karring oor spelfoute, maar diè sin gaan my verstand te bowe: Glo het diè Britse akteur vir die eerste keer pa geword…
    Watse sin is dit? Swakste Afrikaans ooit!
    Die Britse akteur, H G, het glo vir die eerste keer pa geword… sou baie beter gewees het.

  • Liesbet

    Ek het die glo sin reg verstaan- die eerste keer. Ek dink dit beteken ons wonder of daar nie meer Grant-kinders is nie. Liesbet