Het jy gehoor?

Hy gaan met Mej. Heelal uit …

Wat ‘n gelukkige man – die sanger Nick Jonas van die groep The Jonas Brothers gaan uit met die mooiste vrou in die heelal, Olivia Culpo.

Vir meer as ‘n maand was hul verhouding net op die skinderblaaie. Maar nou het die sanger Nick Jonas en Mej. Heelal, Olivia Culpo, dít bevestig. Dié twee het ontmoet toe Nick ‘n aanbieder by vanjaar se Mej. VSA-kompetisie was.

 

Nick Jonas

Nick Jonas

Maar nou is daar geen twyfel meer dat dié twee ‘n paartjie is nie. Hulle het in die openbaar hande vasgehou en gesoen by die onlangse Amerikaanse Ope-tennistoernooi. Hulle het saam met Nick se broer Joe Jonas en sy meisie, Blanda Eggenschwiler, gaan tennis kyk.

Nuwe Mej. VSA in SA gebore

Hy het daarna dié foto op sy Instagram-blad geplaas met die byskrif: “Die Amerikaanse Ope was pret. Goeie mense. Goeie tennis.”

Nick Jonas