Het jy gehoor?

Idols se Adeline maak haar debuut as Pasella-aanbieder

Adeline Mocke het voorheen voor die kamera gewerk as model, maar haar selfvertroue het eers tydens Idols regtig ontwikkel. “Ek het met Idols baie ondervinding opgedoen om voor die kamera te werk, en ek voel nou meer gemaklik,” vertel sy.

Sy het haarself altyd gesien as ‘n model, maar ná Idols klop haar hart musiek. “Ek is só gelukkig om ‘n talent te kan hê wat ek met mense kan deel.”

Adeline vertel sy is baie opgewonde om ‘n Pasella-aanbieder te wees. “Ek sien vreeslik daarna uit om soveel as moontlik te leer in die vermaaklikheidsbedryf, veral nou dat ek weet wat my passie in die lewe is.”

Volgens Adeline kan sy nie te veel oor vanaand se episode uitwei nie, maar sy gee tóg ‘n voorsmakie.

“Ek gaan gesels oor hoe maklik dit is om ‘n mooi tafel te dek en hoe om heerlike kos vir jou gaste te maak ná die Desember-vakansie sonder dat dit jou ‘n fortuin kos. ‘n Kok verklap ook sy geheim hoe om die perfekte vonkeldrankie te maak …

“Ek is maar altyd op my senuwees, al is ek hoe voorbereid …” verklap sy. Maar dis vir haar wonderlik om in haar moedertaal te kan aanbied en om saam met sulke ervare mense te kan werk.

“Ek is ook mal oor die mense wat by Pasella werk, want hulle is ongelooflik vriendelik en maak dit baie lekker om deel van die Pasella-familie te wees.”

 

  • urzgqph

    l0XiWo vrdnafycxdjq, [url=http://ndlvozfeoemz.com/]ndlvozfeoemz[/url], [link=http://ucuafjkwtiex.com/]ucuafjkwtiex[/link], http://juzckpozegno.com/