Idris Elba in Gucci 
FOTO: Gucci met vergunning van Gallo Images / Getty Images

Idris Elba in Gucci FOTO: Gucci met vergunning van Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Idris Elba kanselleer vakansie in SA weens reisdokumente vir minderjariges

Dit gons op sosiale media oor die Hollywood-akteur Idris Elba, wat die rol van Nelson Mandela in Long Walk to Freedom vertolk het. Volgens Times Live moes hy sy vakansie na Suid-Afrika kanselleer omdat sy dogter, Isan, nie die nodige papierwerk gehad het om die land binne te kom nie, berig Times Live.

Idris sou onder meer sy nuutste fliek, Mandela, My Dad and Me, hier kom bemark het, en hy wou hê Isan moes dié belewenis met hom deel. Hulle sou gistermiddag in SA aanland, maar op Heathrow-lughawe is hulle ingelig dat die 14-jarige Isan nie die regte dokumentasie het wat nodig is om na Suid-Afrika te reis volgens die nuwe immigrasie-wette nie.

Idris moes net daar al hul planne kanselleer.

Kyk HIER na die voorprent vir Mandela, My Dad and Me 

Het die nuwe immigrasie-wette al van jou planne in die wiele gery?

  • Ja
  • Nee

Lees ook