Joost hou in Oktober 2013 weer die Webb Ellis-trofee vas 
FOTO: Twitter

Joost hou in Oktober 2013 weer die Webb Ellis-trofee vas FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

VIDEO: Skotse universiteit help Joost met MNS-navorsing

Die universiteit van Edinburg het ’n vennootskap met Joost van der Westhuizen gesluit om te help met die navorsing oor motorneuronsiekte (MNS).

Navorsers van dié universiteit gaan saam met Joost se J9-stigting en die Euan MacDonald-sentrum (wat navorsing oor MNS doen) werk om meer navorsing oor dié siekte te doen en bewusmaking te versprei, berig The Edinburgh Reporter.

Joost het tydens ’n perskonferensie in Skotland gesê dat hy geëerd voel om saam te werk met die Euan MacDonald-sentrum, een van die wêreldleiers op die gebied van MNS-navorsing en -versorging.

“My grootste droom is om ’n sentrum soos die Euan MacDonald-sentrum in Suid-Afrika te sien,” het Joost gesê.

Joost het reeds in 2010 simptome van MNS begin toon. MNS is ’n ernstige groep afwykings wat jou brein en rugmurg aantas. Dit vernietig motorneurone, die senuweeselle wat die spiere beheer noodsaaklik vir loop, praat, asemhaling en sluk. Stephen Hawking, die briljante Britse fisikus, ly ook daaraan.

Lees meer oor dié siekte en die prognose hier.

Kyk hier na die video waar dié vennootskap gesmee is:

FOTO’S van Joost se besoek aan Brittanje

(klik op die foto om te vergroot)

Joost bewaarheid van sy drome

Joost het die legendariese Walliese skrumskakel Gareth Edwards (links) ontmoet en hy het ook die geleentheid gehad om ’n wedstryd tussen Rafael Nadal en Novak Djokovic te kyk.