Vivienne Westwood se kleindogter Cora Corré
FOTO: Instagram (@coracorre)

Vivienne Westwood se kleindogter Cora Corré FOTO: Instagram (@coracorre)

Het jy gehoor?

Ikoniese ontwerper se kleindogter word model

Vivienne Westwood se kleindogter, Cora Corré, loop in die modevoetspore van haar familie, skryf Harper’s Bazaar. Lees die volledige artikel hier.

Die 17-jarige Cora is nie net die kleindogter van dame Vivienne Westwood nie. Sy is die dogter van Serena Rees en Joe Corré, wat Agent Provocateur – ’n luukse onderklere-handelsmerk – begin het.

En sy is besig om self naam te maak in die modebedryf …

Cora het verlede jaar die eerste keer aandag getrek toe sy gekies is om in ’n veldtog van Marc Jacobs se skoonheidsprodukte te verskyn. Intussen was sy ook op die loopplank vir haar ouma Vivienne Westwood se Red Label, en Gold Label én vir Giles.

FOTO: Instagram (@coracorre)

FOTO: Instagram (@coracorre)

Nou het sy ook ’n modelkontrak geteken by Next Models. Arizona Muse, Miranda Kerr, Karlie Kloss en Suki Waterhouse (Bradley Cooper se meisie) is onder die modelle met kontrakte by dié agentskap.

Bron: Harper’s Bazaar