Het jy gehoor?

In jou SARIE KOS Herfs 2010-uitgawe

Koeler weer, warm huiskos…

Dis nou die tyd vir ‘n geurige bobotie. Ons bobotie-wenner, Frans Kleingeld (ja, wéér ‘n man!), se resep is ‘n móét op elke kuiertafel dié herfs.

Ek’s ‘n groot sportliefhebber en kan nie wag vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie. Daarom het ek tipiese geregte van 8 groot sokkerlande gemaak. Maak die aand waarop die betrokke land speel hul gereg en vang ‘n bietjie sokkergees in die kombuis!

Ek kan élke week met hoender kook. Een van my gunsteling-hoendergeregte is op die voorblad – gekrummelde hoender met aartappelwiggies. Daarmee saam hou ek van ‘n lekker romerige mayonnaise.

As jy kaaskoek-mal is, het ek daarvoor ook die antwoord: Een basiese kaaskoekresep met allerlei heerlike variasies.

Proe lekker aan ons herfs-uitgawe!

Barbara
Kosredakteur van SARIE KOS

Heel geroosterde hoender met knoffel en suurlemoen Hoender kraai koning
Met dié interessante resepte
sal niemand moeg raak van hoender nie
Basiese kaaskoek Droom-kaaskoeke – 6 x smullekker
Jy’t net die basiese resep nodig –
al dié heerlike kaaskoeke is doodmaklik!
Sokker SA - Bunny chow Sokker-kyk-etes
Van 11 Junie gaan áls om sokker draai.
Wat van geregte van oor die wêreld?
Dié weergawes sal die doelhok tref!
Appelstrudel Tuin toe vir teetyd
Voel soos Alice in Wonderland en geniet
die soet lekkertes in die loom herfsweer
Lemoen-en-botterskorsie-sop Soen ‘n lemoen
Lemoene hoort nie net as sap in jou glas nie –
die sonnige sitrusgeur is wonderlik in sop,
slaai én by vis
Spaanse frittata Frittata – ‘n eier ‘n dag
Hoe klink ‘n eenpan-eiergereg wat jy enige tyd
van die dag kan voorsit, selfs as ‘n peuselhappie?
Heuning-geroosterde knolgroente Goedheid uit die grond
Patat, wortel, beet of radys –
van knolgroente maak jy die allerlekkerste
bykos
Hoenderkerrie Mauritius – paradys van geur en smaak
Dis die perfekte vakansiebestemming:
Eilande oorgroei deur bougainvilleas,
palmbome en suikerriet,
omring deur ‘n turkooisblou see
en pragtige wit strande.
En natuurlik die geurigste kos.
SARIE KOS was daar…
Steak-broodjie 6-uur tuis, eet half7
‘n Volle 3 weke se smaaklike etes
vir rondhardloop-dae
Pavlova met nektariens gestoof in rooibostee Rooibostee by als
Natuurlik kook ‘n mens lekker met wyn,
maar moenie van rooibostee vergeet nie!
Proe die unieke smaak…
Pasta-sous-resepte Dis die sous werd…
Die geheim van proe-nóg-pasta
lê in die sous. Beproef dié resepte
en voel asof jy in Italië rondjakker



  • Marika Coetzee

    Ek en my ma is mal oor die Sarie Kos Tydskrif. Sy het al almal versamel sover. Sy het die 1ste en 2de uitgawe gemis en ek wil net weet waar ek dit miskien in die hander kan kry. Sy wil dit so graag he gedink julle sou kon help. Laat weet my asseblief. Grote en lekker dag!

  • SHERYL LANGE

    EK IS MAL OOR SARIE KOS EK HET NOG NIE EEN UITGAWE MISGELOOP NIE EN HOOP OM NIKS TE MIS!

    EK HOU VAN KOS MAAK EN DAAR IS ALTYD IETS NUUTS

  • Maryke van SARIE

    Hi Marika. Ongelukkig is daardie 1ste en 2de uitgawes heeltemal uitverkoop.

  • Danelle De Klerk

    Ek dink nie julle sal ‘n fout maak om dit weer te druk nie, ek weet van soveel mense met wie ek al gepraat het wat ook soek na die uitgawes! Ek myself sal wat gee om dit te kan kry!

  • Ek hou baie van Sarie Kos, maar het ongelukkig al die uitgawes van verlede jaar misgeloop omdat ons ver van groot dorpe af is en as jy gelukkig is om by ‘n winkel te kom wat die uitgawes aanhou, is dit reeds uitverkoop. Is daar miskien enige manier hoe ek miskien van hierdie uitgawes in die hande kan kry. Ek sien die 1ste & 2de uitgawes is heeltemal uitverkoop en sal dit waardeer as julle vir my sal laat weet indien julle dalk in die toekoms besluit om dit te herdruk.
    Ek is ook betrokke by ‘n restaurant en maak baie keer van hierdie betrokke boeke gebruik om spyskaarte vir spesiale geleenthede saam te stel.

  • Hi Freda,
    Ja, die eerste en tweede uitgawe is uitverkoop.
    Jy kan die bestelvorm hier aflaai – http://www.sarie.com/lees/artikels/bestel-jou-sarie-kos-hier of stuur ‘n e-pos na direct.sales@onthedot.co.za

    Hoop dit help!
    Groete,
    Lou-Ann @ sarie.com

  • B Loubser

    In die nuutste SARIE HERFS is daar ‘n hele aantal bladsye wat afgekap is.

    Hoe kan ek my ‘stukkende’ SARIE KOS omruil vir ‘n volledige uitgawe ?

  • Barbara Joubert

    Hi Mev Loubser
    Kan jy asb. vir ons jou adres en telefoonnommer stuur. Ons kan dan reël dat jy ‘n nuwe uitgawe kry.
    Groete
    Barbara Joubert

  • Theresa Goetze

    Ek woon in Kanada en kan nie sonder my Sarie Kos onthaal nie-alles is so maklik en al die bestanddele is hier beskikbaar. Ek wens net ek kon ‘n Engelse uitgawe kry om vir ‘n Kanadese vriendin te gee-sy geniet dit om dit deur te blaai en net prentjies te kyk!

  • Jeanne-Marie

    Ons is mal oor Sarie kos! Ek probeer baie van die resepte veral die 6 uur tuis eet half sewes. Ek het n voorstel hoekom verkoop julle nie n leer met die die resepte in van nr 1 tot op hede nie. Ek sal beslis een koop want ek het ook n paar uitgawes gemis. Kan nie wag vir die sarie kos vir mans nie.

  • Veralda Schmidt

    Een van die lekker dinge van verjaar is dat mens geskenke kry wat goed in het, wat jy graag wil hê, maar nie vir jouself kan of wil of selfs mag koop nie.

    Ek het byvoorbeeld vroeër die jaar besluit ek moet nou ophou resepte boeke koop. Gelukkig kan ek kook, so dit is nie ‘n leë obsessie nie, maar ek het net al so baie. Ek het dus ‘n koue skouer gedraai op Marlene van der Westhuizen se nuwe Sumptuous – dit was baie moeilik, want ek het alles uit die voorafgaande Delectable gekook. Die foto’s is pragtig, die resepte maklik, dog dekadent, genoeg om enige gas en myself te beïndruk. Toe verskyn Feestelike Frankryk en selfs daar sê ek vir myself nee. Gedeeltelik ook omdat elke tweede bekende Suid-Afrikaner nou in Frankryk bly en kook. Maar dit is ‘n pragtige boek en kyk half jaloers na vriendin Nelda s’n, weereens pragtige foto’s en stories. “Nee, nee” sê ek vir myself.

    Nou die dag sien Evita se Kossie Sikelela die lig en ek kwyl saam met die volk. Ek koop twee – een vir vriendin Gerda want sy is mal oor Tretchi en kan tradisioneel kook en een vir Herna in Australië sodat sy regtig kan huil as die uie braai. Maar nie vir myself nie, daar is genoeg kookboeke op my koffietafel, in die kombuis, in die badkamer – ek weerhou my. As ek ‘n kookboek koop, dan beter dit die Kook en Geniet wees, want ek het nie een nie. Ma gebruik nog hare en toe my skoonmoeder sterf, het my swaer die Kook en Geniet daar weg. Hy is met ‘n Britse meisie getroud en hy braai net en drink bier, maar dit was ‘n sentimentele besluit.

    En toe verjaar ek verlede week. Vriendin en kok Nelda kom hier aan met Evita se Kossies onder die arm – ek is vrek bly. Aangesien sy ‘n sjef en kunstenaar is, weet ek sy waardeer die boek en daarom gee sy dit vir my. Craigh en Elmarie gee vir my Delectable. Ek weet nie of hulle kook nie, maar ek weet hulle eet lekker en omdat daar ‘n fotografie besigheid in hulle lewe is, is ek nie verbaas toe Craigh vra of ek ook dink Gerda Genis se fotografie in die boek is ongelooflik nie.

    Darryl en Johan gee vir my Feestelike Frankryk. Ek kuier deur die boek en die Chateau en droom oor ‘n eie huis in Frankryk of die Vrystaat of die Karoo. Die kos lyk heerlik – ek sal moet oefen want dit is nie kontreikos nie, mens moet ‘n kunshand hê om daai garneringstrepies reguit te trek. Ek het die boek ‘n paar dae voor my partytjie gekry en besluit sommer om ‘n nagereg daaruit te maak. Die moet dekadent wees en dit moet sjokolade wees. Maar eers lees ek bietjie in die boek. Ek sien voor in dat Media 24 se legendariese Ton Vosloo en sy vroutjie die projek saam met twee vriende van stapel gestuur het. Die krediete voor en agter in die boek is so lank soos my arm en verskeie mense word bedank vir hulle hulp met die taalversoring en redigering. Meer mense het gehelp met die taalversorsing as met die probeer van die resepte. Taal is dus moeiliker as kook. Voorwaar verwag ek ‘n Afrikaanse meesterstuk.

    Ek besluit toe op die ‘sjokolade gateau’ – ‘n skamele 5 bestanddele: goeie donker sjokolade, mielieblom, eiers, suiker en botter – en die metode lyk boonop maklik – net 5 reëls. . Ek doen dit sommer gou-gou Saterdagaand en kort voor lank is ek aan die meng. Maar toe ek by die laaste instruksie van die resep kom, rys my hare meer as wat enige koek ooit in my slim Duitse oond gerys het. In hierdie boek wat die kind is van die moderne vader van Afrikaans waaraan ‘n weermag geredigeer het staan daar:

    “meng alles saam en gooi in ‘n besmeerde pan”

    Keer my of ek besmeer my. Selfs ek weet dat daar ‘n reuse verskil is tussen ‘n besmeerde pan en ‘n gesmeerde pan. Die een kry mens in ‘n hospitaal en dit het niks met bak te doen nie.

    Die koek uit die besmeerde pan was heerlik, dit was wel nie ‘n gateau nie, maar ‘n ‘plat’eau.

  • Hanlie Basson

    Is die Herfs uitgawe al beskikbaar?

  • Elizabeth Bosman

    Sarie Kos is puik! Watertand resepte met pragtige illustrasie. Kan altyd aan klop as ek ‘n resep soek.

    Elizabeth

  • @Hanlie, ja die herfs-uitgawe is reeds op die rak!

  • Liza

    Liewe Sarie Kos,

    Ek’s ‘n Kapenaar wat onlangs Hong Kong toe verhuis het en sit bietjie met ‘n kosmaak dilema. Hier is nie veel Suid Afrikaanse produkte beskikbaar nie so ek moet leer Chinese kos maak. Dit sal fantasties wees as julle in ‘n toekomende uitgawe bietjie Chinese resepte en bestandele kan gebruik sodat ek ook kan saam kook. My skoonma pos vir my ‘n SARIE KOS uitgawe elke seisoen!

  • Erika Nell

    Wat ‘n puik kostrydskrif. Ek het al almal bymekaar gemaak. Daar is sulke lekker resepte in en die kos illustrasies is pragtig. Hou so aan Sarie!

  • Elrika

    Het meeste van die tyd in Suid Afrika die Sarie gekoop en mis dit vreeslik die laaste 2 jaar wat ek in Sydney is.Hoekom sukkel ek om die resepte oop te maak? Doen ek iets verkeerd?

  • Hettie van der Merwe

    Ek kan nie wag vir die die volgende uitgawe nie…. ek het sondag Malva poeding gemaak uit my Sarie Kos…. nog nooit soveel mmmm dis lekker gekry nie. HOU SO AAN

  • Lena

    Die bobotie wenresep kon maar wen! Ek het die resep voorberei omdat dit ‘n baie goeie kombinasie was van twee resepte (Kook en Geniet en Ina Paarman) wat ek ook kombineer. Ek het indiwiduele porsies gebak in ‘n muffin pan, gevries en haal net hoeveelheid uit wat benodig word. Heerlik!

  • kVfpsO evuwlbrwbhza, [url=http://ermudyqwdydp.com/]ermudyqwdydp[/url], [link=http://gvmiixfhruca.com/]gvmiixfhruca[/link], http://owgnmvilbzzr.com/

  • Anemie Mostert

    Wil net dankie sê vir die "Sarie Kos" wat gratis ingesluit is in die nuutste uitgawe. Dit is ñ heerlike bederf. Ek maak deel uit van die onthale kommitee by ons kerk en is altyd opsoek na iets nuut, mooi en maklik, aangesien ons net gewone huisvroue is wat met ons harte vir die Here werk.

  • Sonja

    Wanneer gaan die Winter Uitgawe van Sarie Kos beskikbaar wees?

  • Baie goeie boek. Ek soek graag die vorige uitgawes as dit moontlik is.