Het jy gehoor?

In my grimeersakkie – kenner verklap haar geheime

“Hoe kan ‘n vrou vinnig haar voorkoms opknap?” was een van die vrae aan Lesley.
“Krul jou wimpers met ‘n wimperkruller (eyelash curler) en wend ekstra maskara aan om jou oë definisie te gee. As jy bleek is, gee jou gesig ‘n bietjie kleur met blosser of lipstiffie, en as jou vel vaal is, gebruik ‘n verhelderende onderlaag vir ‘n gesonde gloed.”

In Lesley se grimeersakkie

Dermalogica Ultra Sensitive Faceblock (R321) Dermalogica Ultra Sensitive
Faceblock
(R321)
“Dit beskerm nie net jou vel nie, maar gee dit ook ‘n bietjie kleur vir ‘n mooi, gloeiende gelaat as jy nie ‘n onderlaag wil gebruik nie.”
M.A.C Lustre drops (R160) M.A.C Lustre drops (R160)
“Gebruik dit bo-oor jou
onderlaag vir ekstra
helderheid.”
Chanel Exceptionnelle Mascara (R350) Chanel Exceptionnelle Mascara
(R350)
“Dit verleng jou wimpers sonder om korrelrig te raak en lyk steeds natuurlik.”
Estée Lauder Signature Silky Powder Blush (R330) Estée Lauder Signature
Silky Powder Blush
(R330)
“Blosser gee kleur aan jou gesig en skep kontoere wat jou wangbene definieer.”
  • Sonja Celliers

    Waar kan ek ‘n eyelash curler opspoor??

  • Mariska van Rooyen

    Jy kan jou naaste salon skakel – hulle bestel dit by Hair Health Beauty en dit kos ongeveer R80. (Hair Health Beauty se nommer is 011 608 4191, maar hulle verskaf ongelukkig nie direk aan die publiek nie.)