blackbutterflies
Het jy gehoor?

Ingrid Jonker-aktrise wen groot prys in New York

Carice vertolk die rol van ons eie Ingrid Jonker, wat vandag, 46 jaar ná haar dood steeds as een van die beste digters in Afrikaans beskou word, in Black Butterflies, berig filmcontact.com.

Die fliek is einde verlede jaar in en om Kaapstad geskiet, en gaan oor Ingrid se soeke na liefde en ‘n plek om te behoort.

Die regisseur, Paula van der Oest, is van Nederland en ‘n Suid-Afrikaner, Greg Latter, het dit geskryf.

Black Butterflies is reeds in Nederland vrygestel en sal by die Durbanse Internasionale Filmfees te sien wees voor dit in Augustus by Nu Metro-teaters landwyd sal wys.