Het jy gehoor?

Instagram kan nie vroue met kurwes stop nie!

Buzzfeed Life het verlede week berig dat Instagram ’n verbod op die hutsmerk (hashtag) #curvy geplaas het omdat dit glo ook gebruik is om foto’s van eksplisiete naaktheid te wys. Maar nou kap talle voller vroue terug! 

Ná die term #curvy nie meer op dié sosialemedia-platform gesoek kan word nie, het die volgende hutsmerke hul verskyning gemaak: #bringcurvyback, #stillcurvy, #youcanttakemycurves en (die populêrste onder die klomp) #curvee.

FOTO: Instagram bebecbe

FOTO: Instagram bebecbe

Verskeie gebruikers het hul teleurstelling aan die groot klok gehang: “Ek gaan nie meer Instagram gebruik as hulle #curvy vroue gaan sensor nie. Heroorweeg jul beleid,” het een vrou geskryf.

’n Ander vrou het van haar laat hoor: “Hoe gaan ons ooit vorentoe beweeg as een van die aanvaarbare terme vir ‘vet’ as onaanvaarbaar geag word. Nie almal is gemaklik om hulself as vet, plusgrootte of groter te beskryf nie. Die woord #curvy help mense om gemaklik te voel.”

Dié foto’s is onder die hutsmerk #curvee gedeel:

Dink jy #curvy hoort op Instagram?

  • Ja
  • Nee

Bron: Buzzfeed Life

Lees ook