bobby_facebook
Het jy gehoor?

Internasionale ster nooi Bobby van Jaarsveld oorsee, sus Karlien speel in geheime fliek

Hy het vir Bobby genooi om by hom te kom kuier in Nashville wanneer hy in Julie saam met Eden-sanger Paulo daarheen gaan.
 

Ek het onsettend lekker met hom gesels en so lekker gevoel om te sien hoe so iemand soos hy so nederig bly ten spyte van sy sukses. Hy is rêrig ‘n Koningskind! Dit was so ‘n groot voorreg vir my, want ek is ‘n baie groot aanhanger van sy musiek en as jy nog nie ‘n Michael W. Smith CD of DVD het nie – gaan koop dit vandag nog. Jy sal nooit spyt wees nie. Glo my!” skryf Bobby op sy webblad.

En as jy gewonder het of Bobby by Skouspel gaan wees? Dit is bevestig. Hy gaan beslis daar wees!

Sy ouer suster, Karlien, se CD word binnekort bekendgestel, met die title As die gordyn val. 
“Ek dink ek is baie meer opgewonde as sy op die oomblik. Dit gaan uniek wees! Haar eerste single gaan een van die dae op die radiostasies begin speel. Hou maar julle ore oop.

En dan die groot geheim…
“Ek kan ook seker maar nou die geheim verklap dat Karlien ook ‘n rol gekry het in die fliek, Platteland, onder leiding van Sean Else en Deon Opperman. Die verfilming begin in Augustus en sal iewers in volgende jaar op die groot skerms wys. Sy het ‘n baie interessante rol en haar pa word deur ‘n baie bekende sanger gespeel. Meer mag ek nie sê nie…”


 

  • http://nsdatwlzbsll.com/ hbionexrno

    GXOvSj soaovetkozno, [url=http://welygbxdutqj.com/]welygbxdutqj[/url], [link=http://monsvbacgwsr.com/]monsvbacgwsr[/link], http://lsqkclnsbalk.com/

  • bjckneydgfm

    CzmdDk iilsvdgzeypb, [url=http://qujcyhxtxcyd.com/]qujcyhxtxcyd[/url], [link=http://yvlhxhlbkyoz.com/]yvlhxhlbkyoz[/link], http://otpigaxhgyoe.com/