The 55th Annual GRAMMY Awards - Arrivals
Het jy gehoor?

Internasionale superster lief vir SA wegneemkos

Die sangeres Beyoncé het byna R23 000 se kitskos vir haarself en haar groot gevolg bestel, en dit nogal van ‘n Suid-Afrikaanse winkel …

Die Nando’s in Essex, Londen, het ‘n groot hupstoot gekry toe Beyoncé duisende rande se kos by hulle bestel het. Beyoncé het ná ‘n uitputtende konsert die naweek wegneemetes vir haar en haar gevolg bestel.

Volgens gerugte het dié maaltyd 58 hoendervlerk-geregte, 48 heelhoenders, 12 vegetariese hamburgers, 24 koolslaaie en 21 rysgeregte ingesluit.

FOTO’S: Beyoncé se nuwe haarstyl

Die ete het haar £1 400 (ongeveer R22 300) gekos! En dis nie die eerste keer dat Beyoncé ‘n groot hoeveelheid Nando’s bestel nie. Sy het glo vroeër die jaar ongeveer R13 000 by die tak in Dublin spandeer.

Nando’s het sy oorsprong in Suid-Afrika, maar doen nou al sake in 26 lande oor 5 kontinente.

Bron: Daily Mail