George Clooney
Het jy gehoor?

Internet op hol oor George Clooney-ewebeeld

George Clooney is dalk van die mark af, maar Guillermo Zapata, ’n model wat nes die Gravity-akteur lyk, het die internet op hol, berig Hello!

Danksy die foto’s wat Guillermo via sy Instagram-blad met sy groeiende aantal volgelinge deel, is hy ’n sosialemedia-sensasie. Met sy grys baard lyk hy op ’n haar na George.

FOTO: Instagram gzsur

FOTO: Instagram gzsur

Guillermo (45) het in 1989 modelwerk begin doen. Hy is ook ’n suksesvolle entrepreneur en mede-eienaar van die wêreldbekende SUR restaurant in West-Hollywood.

Nes George wil Guillermo ook toneelspeel en sy lyf regisseur hou. 

Bron: Hello!

Lees ook