Alles wat jy moet weet van kykNET se nuwe komediereeks ‘Pronk Primêr’
’n Laerskool in ’n klein dorpie. ’n Groep onderwysers wat ná dekades steeds aan mekaar verbind is. Vyf skoolvriende wat nou onderwysers by die skool is waar hulle nie net skoolgegaan het nie, maar waar dieselfde skoolhoof van destyds steeds die septer swaai.