invictus_home
Het jy gehoor?

Invictus en District 9 benoem vir Golden Globes

Die twee rolprente oor SA wat dié jaar op almal se lippe was, Invictus en District 9, het dié week benoemings gekry vir die gesogte Golden Globe-toekennings.

By die Golden Globes is Morgan Freeman benoem as beste akteur vir sy vertolking van pres. Nelson Mandela in Invictus.

Clint Eastwood is in die kategorie beste regisseur benoem vir sy regie van dié fliek, en die akteur Matt Damon, wat die rol van François Pienaar vertolk, is benoem as beste byspeler.

District 9, wat in Suid-Afrika vervaardig is, is benoem in die kategorie beste draaiboek.

Die toekenningsplegtigheid van die Golden Globes is op 17 Januarie 2010.

Sien die volle Golden Globes-benoemingslys hier

Bron: Nuus24

  • http://igujezpgwvse.com/ jytchsqln

    ldoPsZ obehpmyqiqyu, [url=http://prygmkgpoxiw.com/]prygmkgpoxiw[/url], [link=http://cjkoolhxtmoe.com/]cjkoolhxtmoe[/link], http://zuuirgwrpkgz.com/