FOTO Unsplash

Het jy gehoor?

iPhone of Android? Dit sê iets oor jou persoonlikheid!

Android-gebruikers is eerliker as dié met ’n iPhone, volgens ’n nuwe Britse studie – die eerste keer dat ’n verband tussen persoonlikheid en die soort selfoon gevind word.

iPhone-gebruikers is waarskynlik:

• Jonger

• Die kans is twee keer so groot dat dit ’n vrou is

• Die foon word waarskynlik as statussimbool ingespan

• ’n Ekstrovert

Stem jy saam hiermee? Kies jy iPhone of Android en waarom?

Bron: Science Daily

Nuus oor die Samsung S8

Die tech-wêreld gons oor die nuwe Samsung Galaxy S8 wat later hierdie jaar beskikbaar gaan wees. Dit gaan glo dié slimfoon wees wat jy vanjaar moet koop.

Van die nuwe eienskappe is ’n groter battery (wat natuurlik langer sal hou) en verbeterde veiligheid met die retina-skandeerder. Nogals fancy!

Lees meer HIER.

Lees nou

Bly só veilig op die internet

Selfoon-skoonmaaktyd! Vee hierdie apps uit

Maak geld op dié apps … met enige talent!