Het jy gehoor?

IPL eindig op ‘n blink noot

Die afsluitingseremonie van die DLF IPL vir 2009 by die Wanderers was glo iets om te aanskou. Terwyl honderde vlieënde lanterns oor Johannesburg losgelaat is, het SA President Jacob Zuma die seisoen afgesluit.

Hy het die organiseerders bedank vir hul vertroue in Suid-Afrika. Die IPL-voorsitter, Lalit Modi, het onder meer gesê dat die onblusbare optimisme van SA’ners hom beïndruk het.

Die vermaak vir die aand is afgeskop met Grammy-wenner Akon. Hy’t sy treffer ”Smack that”laat hoor en toe ”Beautiful” vir die nuutverkose Miss Bollywood IPL South Afrika gesing. Daarna het Bollywood-aktrise Katrina Kaif saam met ‘n groep Indiese- en Suid-Afrikaanse dansers op die treffer ”JAI HO” gedans.

Toe’t Eddy Grant ‘n draai gemaak met ”Walking on Sunshine” en ”Gimme Hope Jo’anna”. ‘n Vuurwerkvertoning het die aand op ‘n blink noot afgesluit