irene_louise_van_wyk
Het jy gehoor?

Irene-Louise van Wyk sing vir haar ma

Ná die afsterwe van die gospelsangeres Irene van Wyk byna twee jaar gelede, het Irene-Louise besluit om in haar ma se voetspore te volg.

As klein dogtertjie het sy reeds saam met haar ma op die verhoog verskyn. Sy is ook nog altyd blootgestel aan die musiekbedryf deur pa Louis van Wyk, groot musiekbaas en -promotor. So dit is geen verrassing dat sy ook in dié rigting beweeg nie.

“Ek is besig om nog liedjies te skryf, en ek gaan die album vir my ma, In die middel, later vanjaar opneem.”

Oor die liedjie saam met Nianell sê sy: “Die terugvoer wat ek tot dusver oor “So Unreal” gekry het, is oorweldigend. Mense is mal daaroor! Ek dink mense kan daarmee identifiseer omdat byna elkeen al iemand aan die dood afgestaan het.

“Die woorde verduidelik presies hoe ek gevoel het in daardie moeilike tyd. Nou kan mense meer weet as wat in die koerante gestaan het,” vertel sy.

“So Unreal” sal eersdaags op die radio te hoor wees.

  • Johan

    Ek het geluister, Dis pragtig, Daar was jaregelede Die Bredenkamp Susters, so was hulle bekend wat n liedtjie gesing het van ‘Jy sal nooit jou moeder mis voordat sy sterf.’ Jou liedtjie aan jou ma

    laat my aan die woorde dink wat hulle gesing het.
    Hoe vertel mens aan iemand die gemis in jou lewe.

    Jy het n pragtige stem, Doen jou ding, Johan.

  • elize

    baiebaie mooimy trane het geloop.. pragtige stem en baie talent.sterkte

  • Renee Grierson

    Pragtige verwerking en baie roerend. Sy mag maar sing.

  • Lorraine Roodt

    Dit is pragtige woorde en baie hartseer. My hart gaan uit na Irene-Louise en haar familie. Mag die Here haar en haar familie vertroos. Onthou altyd die mooi herinneringe aan Irene en hoop dit bring ‘n bietjie vertroosting. Sterkte.

  • Elbe

    Aangrypend!

  • Linda

    Dit is pragtig, baie hartseer, maar baie mooi. Jou eerste tree in die musiekbedryf is suksesvol – ek wil meer van jou hoor.