Het jy gehoor?

Is Adele die nuwe Bond-meisie?

Adele-aanhangers was in rep en roer toe hulle hoor sy gaan teen die einde van die jaar ‘n nuwe enkelsnit bekend stel. Die beplande tyd en dié van die eerste vertoning van die nuwe Bond-fliek (op 9 November vanjaar), Skyfall, is ongewoon na aan mekaar en Adele se naam is onlangs saam met Skyfall genoem. Sy het in ’n onderhoud met NRJ-radio gesê hoewel die liedjie aan die einde van 2012 bekend gestel word, die res van die album eers oor twee jaar sal volg.

“As ek nie my eie liedjies geskryf het nie, sou my nuwe album teen volgende week op die rak gewees nie,” het sy gesê. “Maar ek moet bietjie tyd afvat om te leef.”

Sou sy die stem van die nuwe 007-liedjie word, voeg sy haar naam by ‘n indrukwekkende lys kunstenaars: Paul McCartney (“Live and Let Die”), Duran Duran (“A View to a Kill”), Carly Simon (“Nobody Does It Better” from The Spy Who Loved Me) en Madonna (“Die Another Day”).

[box:full:red:both]

Het jy geweet?

  • Haar album 21 het pas die 9 miljoen-kerf in die VSA verbygesteek. Sy kan dalk diamant-status bereik met ‘n verkoopsyfer van 10 miljoen CD’s.
  • 21 was vir 23 weke in die nr. 1-posisie op die Billboard 200 en is nou op nr. 2
  • 21 verkoop sowat 101 000 eksemplare per week
  • 21 was nog nooit nié op die Billboard 200 nie
  • Daar is gerugte dat Adele vanjaar ‘n spesiale uitgawe van ou treffers en een of twee nuwe liedjies op ‘n album, net betyds vir Kersfees, sal uitreik.

[/box]