Het jy gehoor?

Is Charlize en Ryan Reynolds saam?

Hulle sien mekaar glo al ‘n paar maande lank, het ‘n bron aan Us Weekly verklap.

Theron (35) en Reynolds (34) is baie eksklusief oor hul verhouding en hulle beweeg onder die radar het die bron berig. Hulle is nog nooit saam afgeneem nie, maar Reynolds se motorfiets is op 5 Junie by haar huis gesien waar hy die hele oggend gekuier en eers teen die middag gery het. Sy’s kort daarna ook weg.

Reynolds is in Desember van sy eks-vrou, Scarlett Johansson, geskei, en nou wonder die hele Hollywood of Charlize die een is. “Hulle is albei baie gefokus op hul loopbane, maar hulle is nie behep daarmee nie.”

So moenie dink jy gaan sommer vir “Rylize” op ‘n rooi tapyt saam sien nie. “Sy sal nie saam met hom na ‘n geselligheid toe gaan nie,” het ‘n bron gesê. “Dis nie haar styl nie.”

Theron is in 2010 van haar liefde van nege jaar, Stuart Townsend, vervreem. Toe sy onlangs met Piers Morgan op CNN gesels het, het sy die volgende te sê gehad: “Ek soek langtermynverhoudings vir myself, en ek was al in hulle. Maar die seremonie [huwelik] is nie vir my belangrik nie.”