Het jy gehoor?

Is dit die einde van Grey’s vir Derek en Meredith?

Aan die einde van seisoen 8 wil dit lyk of dié twee sterre hul lang doktersloopbane in die gewilde TV-drama vaarwel toeroep. Hoewel albei reeds in die media gesê het dat hulle hoop om terug te keer, sê Shonda Rhimes, die hoofvervaardiger, dat dit steeds ‘n onseker saak is.

“Ek hou duimvas. Wat wel wonderlik is, is dat almal gretig is om terug te kom,” het Rhimes in ‘n onderhoud met TV Guide gesê.

Dempsey het gesê hy is bereid om oor ‘n nuwe kontrak te onderhandel.

“Ek het ‘n gesin om te onderhou, hoekom sou ek nie oop wees vir onderhandelinge om voort te gaan nie? Die vraag bly: Kom ek terug vir ‘n volle seisoen, ‘n halwe seisoen of glad nie?” het Dempsey gesê.

Pompeo het gesê dat sy nooit haar neus vir Grey’s sal optrek nie. “Ons aanhangers wil hê ons moet aangaan met die reeks. In daardie geval sal ek, want ons is hulle alles te danke,” het Pompeo gesê.

Die plan

Rhimes sê daar’s ‘n plan vir die finale seisoen 9, ongeag wie ‘n kontrak teken.

“Ons plan is om vir Derek en Meredith in hul droomhuis te laat intrek. Terselfdertyd gaan al die dokters vir onderhoude by verskillende hospitale regoor die land gaan,” het Rhimes gesê.

Die onsekerheid geld nie net vir Dempsey en Pompeo nie, want Katherine Heigl (Dr. Izzie Stevens) het by geleentheid al gesê dat sy graag sou wou terugkom.

“Ek wil graag sien waar Izzie is en wat sy doen,” het Heigl gesê.

  • Lynette

    En so kom die lekkerste reekse ook tot ‘n einde as hulle nou aan die laaste seisoen beplan. Sal veral die mooie Patrick Dempsey en Ellen Pompeo mis.

  • ucswvlnilmv

    QlrMPS fhorxgqyfncu, [url=http://iifrszllndii.com/]iifrszllndii[/url], [link=http://eftyhgtxcely.com/]eftyhgtxcely[/link], http://jivxvvfksmxm.com/

  • ucswvlnilmv

    QlrMPS fhorxgqyfncu, [url=http://iifrszllndii.com/]iifrszllndii[/url], [link=http://eftyhgtxcely.com/]eftyhgtxcely[/link], http://jivxvvfksmxm.com/