Het jy gehoor?

Is dit Stefan Ludik se nuwe ‘meisie’?

Vandaar is hy na Duitsland waar hy as konstruksiewerker sy brood verdien het. Hierna het hy sy kwalifikasie in Psycho-Physiological Detection aan die WNNR in Pretoria verwerf en toe het hy sy eie onderneming begin. In 2003 het hy ingeskryf vir Big Brother Africa en Namibië verteenwoordig. En nou ja, julle ken die res van die verhaal. Daar word gefluister dat die aktrise en TV-persoonlikheid Natalie Becker die nuwe meisie in sy lewe is . . . Marguerite van Wyk het met hom gesels.

Wanneer en waar het jy Natalie ontmoet?
By die J&B Met vanjaar.

Hoe lank ken julle mekaar al?
Sedert die J&B Met! Ek dink dis baie snaaks dat Natalie al as my nuwe meisie bekend staan en ek het haar nog net twee keer in my hele lewe gesien . . . Ek dink iemand het die kat aan die alie beet.

Maar wat maak haar vir jou sexy?
Sy is baie intelligent, volwasse, het ‘n goeie sin vir humor, pragtige oë en ‘n lyf en haar lang, donker hare.

Wanneer word jou nuwe CD vanjaar uitgereik?
In April, maar daar is nog nie op ‘n naam besluit nie.

Met watter projekte hou jy jou alles besig?
Reis, TV en my Bank Windhoek Jeugtoere waar ons die Namibiese jeug motiveer om hard te werk in die skool en hul drome na te volg.

Klik gerus ook by www.stefanludik.co.za

  • Heila

    Arme Stefan… so waar – as jy met iemand praat het jy n skelmpie en die sterre? – as hulle gesien word met iemand, al is dit een of twee keer soos in sy geval, dan is hulle n paartjie….

  • joe

    Sterkte met jou loopbaan Stefan, ek sien uit na die nuwe CD as dit enigsins soos die voriges is; koop ek dit dadelik.

    Jy sien seker baie meisies; veral na jy aangewys is as die Sexy’ste Bachelor van Suid-Afrika (Cleo Bachelor) en ek is seker jy het met al ‘n hele paar meisies ook ‘n paar keer gekuier en gesels; hulle is ook seker deesdae jou meisies!

    Nou ja; dis die prys van ster-status.

    Lewe jou lewe; jy is nog van die goeie sterre wat ‘n skoon lewe ly, maar tog heeltyd die publiek se aandag vasvang met iets nuuts: ‘n Regte Rol Model!!!!

    Groete

  • Don

    Heila, ons stem met jou 100% saam. Hoekom skryf hulle nie eerder berigte oor sy Youth Fund in Namibie en al sy goeie werke met die kinders nie? Stuur Sarie se verslaggewers saam met hom op sy toere en plaas daardie berigte. Dis meer nuuswaardig as om hom te bly koppel aan nuwe meisies. Dalk soek hulle met sensasie vir hulle tydskrif!!!….

  • Hi Don en Heila,
    Daar is ‘n opvolg-artikel vandag op sarie.com waar Stefan oor sy projekte gesels, en sy gunsteling-foto’s wys.
    Sit hierdie adres in jou browser in: http://www.sarie.com/lees/artikels/stefan-ludik-wys-sy-gunsteling-fotos

    Groete,

  • Us8agG ugzbtvdjqmkk, [url=http://pundoffuklbx.com/]pundoffuklbx[/url], [link=http://anvbicjokmqc.com/]anvbicjokmqc[/link], http://vezwencmgpxj.com/