Jennifer Aniston en haar man, Justin Theroux
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jennifer Aniston en haar man, Justin Theroux FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Is Jennifer Aniston swanger?

Die akteurspaar Jennifer Aniston en Justin Theroux is skaars sewe weke getroud, en die skindertonge glo die 46-jarige brunet verwag reeds hul eerste kind. Volgens Hollywood Life is sy swanger met ’n tweeling ná ’n jaar van in vitro-behandeling. 

Tog is dié gerug waarskynlik onwaar, berig Huffington Postaangesien poniekoerante die afgelope dekade telkemale berig het dat Jennifer swanger is.

Die Friends-aktrise het al by meer as een geleentheid vrae beantwoord oor die feit dat sy nie kinders het nie. Sy het vroeër vanjaar aan The Hollywood Reporter vertel sy is moeg om daaroor te praat omdat dit so persoonlik is. In 2008 het sy wel vir Vogue gesê dat sy weet dat sy eendag kinders gaan hê.

Bronne: Hollywood LifeHuffington Post, The Hollywood Reporter en Vogue

Lees ook