Het jy gehoor?

Is sy Ryan Reynolds se nuwe meisie?

Die Duitse model Agnes Fischer (wat blykbaar dié week 25 jaar oud word) is duidelik meer as nét ‘n vriendin. Hulle het baie verlief gelyk toe hulle verlede week oor ‘n koppie koffie by The Old Biscuit Mill in Woodstock gekuier het.

Die paartjie is ook vroeër saam by La Motte, ‘n spog-wynlandgoed in die Franschhoek-omgewing, gesien waar hulle wyn geproe het. Ook U2 is ná hul konsert in die Moederstad hier opgemerk waar hulle middagete geniet het.

Ryan was net ná sy egskeiding aan sy medester in The Proposal, Sandra Bullock, verbind, terwyl Scarlett nou aan die sy van die 50-jarige Oscar-bekroonde ster Sean Penn gesien word. Die pragtige Agnes was een van die tydskrif GQ in Suid-Afrika se Fresh Face Friday-gesigte wat hulle juis by The Old Biscuit Mill raakgesien het, en Ryan was dieselfde tydskrif se Desember 2010-voorbladgesig.

Agnes Fischer