Ivan Botha en Donnalee Roberts - Koop kaartjies
Het jy gehoor?

Ivan Botha en Donnalee Roberts wéér saam in fliek

Dit is vandag presies een jaar voordat die Afrikaanse rolprent Vir altyd uitgereik word.

Ivan Botha en Donnalee Roberts – die skrywers, vervaardigers én akteurs van die trefferfilm Pad na jou hart – span wéér kragte saam vir dié 2016-film. Die regie word ook weer deur Jaco Smit behartig, en Danie Bester is weer een van die vervaardigers.

En, soos Pad na jou hart, beloof dié film groot dinge. Vir Altyd word grootliks in Mauritius geskiet en SARIE tree as trotse media-vennoot op.

Kyk hier na die bekendstelling van dié film

Dié fliek draai landwyd in teaters vanaf 12 Februarie 2016.

Lees nou

Donnalee Roberts Maart 2015Maak nie saak of jy hou van die gedrukte weergawe of SARIE graag op jou rekenaar, tablet of slimfoon lees nie – TEKEN NOU IN teen ‘n spesiale prys en moet nooit weer ‘n uitgawe misloop nie!