ivan_zimmermann_035
Het jy gehoor?

Ivan Zimmermann se 12 000 km-uitdaging op ’n fiets

Ivan, wat veral bekend is vir sy rolle in 7de Laan, Egoli en Platteland, het pas van Kaïro to Kaapstad gereis – op ’n fiets! Hy het Saterdagoggend, 9 Mei 2015, in Kaapstad by die V&A Waterfront ingery.

FOTO: Ivan Zimmermann ná hy 12 000 km gery het van Kaïro na kaapstad.

Ivan Zimmermann ná hy 12 000 km fiets getrap het van Kaïro na Kaapstad.

Hy het die Tour d’Afrique-uitdaging aangepak as deel van die Leaders Never Quit-veldtog. Dié uithourit het op 9 Januarie in Kaïro afgeskop en hulle het vir meer as 120 dae deur 10 lande gery.

Hulle het natuurlik begin in Egipte, en onder meer deur Soedan, Ethiopië, Malawi, Kenia, Tanzanië en Namibië gery.

Ander bekendes soos Bruce Fordyce, wat nege keer die Comrades-ultramarathon gewen het, en die Springbok-rugbyspeler Flip van der Merwe het die verwelkomingsgeleentheid in Kaapstad bygewoon.

Ivan se borg, Sage Pastel Accounting, was ook daar om hom terug te verwelkom. “Ons het hom geborg omdat ons ooreenkomste sien tussen die reis wat hy aangepak het en die reis wat klein ondernemings oor die hele Suid-Afrika moet deurmaak. Net soos Ivan moet entrepreneurs toegewyd, innoverend en sterk wees om sukses te behaal,” het Daryl Blundell, die hoofbestuurder van Sage Pastel Accounting, gesê.

Ivan Zimmerman en Bruce Fordyce

FOTO: Daryl Blundell (hoofbestuurder: Sage Pastel Accounting), Springbok-rugbyspeler Flip van der Merwe, Ivan Zimmermann, Joanne van der Walt (bemarkingsbestuurder: Sage Pastel Accounting) en Bruce Fordyce.

Lees hier Ivan se blog oor dié uitdaging.

Lees meer oor Ivan se Tour d’Afrique-uitdaging in die Julie-uitgawe van SARIE wat 15 Junie 2015 op die rak verskyn. 

Hier is so paar foto’s van sy reis: