Het jy gehoor?

Izak Davel is een van die dae terug op TV!

Hy kan nog nie veel oor die storielyn verklap nie, maar Izak Davel het wel laat val dat hy ’n sorgelose man is wat op ’n eiland woon, wat in die Villa aankom na sy ma oorlede is.

Izak se derde album, Vreesloos, is in April uitgereik. Hy het ses van die liedjies op dié album self geskryf en sy vrou, Mericke, het vier daarvan geskryf.

Izak is ’n man van vele talente. Hy is al onder meer as YOU se sexyste man in SA aangewys en hy was verlede jaar in Survivor SA: Santa Carolina.

As danser, akteur, sanger, model en liedjieskrywer, is daar geen keer aan Izak nie.