FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Ja! Dubbele geluk vir prinses Charlene

Die nuus dat prinses Charlene ’n tweeling verwag, is vroegtydig aan die wêreld bekend danksy ’n twiet, berig Die Burger.

SA TV-aanbieder Derek Watts het gister op Twitter uitgelek dat Charlene ’n tweeling verwag. Sy bron? Charlene se pa, Mike Wittstock wat ’n ou skoolvriend is, het dié nuus telefonies aan hom meegedeel.

Derek het die twiet verwyder, maar internasionale publikasies soos Hello! het reeds daaroor berig.

Mike het gisteraand aan Die Burger gesê dat hulle baie opgewonde is oor die tweeling, maar dat die geslag van sy kleinkinders nog nie bekend is nie. Lees dié berig in Die Burger HIER.

Monaco se koninklike paartjie prins Albert II en prinses Charlene het sowat 2 weke gelede bekend gemaak dat hulle swanger is. Dié tweeling maak glo hul verskyning voor die einde van die jaar.

Het jy geweet?

  • Die baba sal prinses Caroline (prins Albert se ouer suster) vervang as troonopvolger
  • Prins Albert het reeds 2 kinders uit ’n vorige verhouding – 22-jarige Jazmin en 10-jarige Alexandre. Omdat hulle buite die huwelik gebore is, het hulle volgens die wet in Monaco nie reg tot die troon nie
  • Albert is die seun van prins Rainier III en aktrise Grace Kelly
  • Grace het in 1982 verongeluk. Nicole Kidman speel dié ikoniese skoonheid in die nuwe film Grace of Monaco
  • Rainier is in 2005 oorlede. Sedertdien het Albert by hom oorgeneem
  • Albert en Charlene Wittstock het mekaar ontmoet tydens ’n swemgala in 2000, dieselfde jaar wat sy SA by die Olimpiese Spele in Sydney verteenwoordig het
  • Hulle het in 2006 tydens die Winter Olimpiese Spele in Italië vir die eerste keer gesê hulle is ’n paartjie
  • Hulle het in Julie 2011 getrou.
getty_albert_charlene

FOTO: Gallo Images / Getty Images

charlene_oscars_getty

FOTO: Gallo Images / Getty Images

charlene_southafricanight

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Bron: Die Burger, Hello!, BBC en ABC News