FOTO: Instagram gwenstefani

FOTO: Instagram gwenstefani

Het jy gehoor?

JA of Nee: Gwen Stefani se rok op die rooi tapyt

Die Amerikaanse musiek-toekennings het die afgelope naweek in Los Angeles, Kalifornië, plaasgevind.

Die meeste van die rokke op die rooi tapyt was besonder stylvol en ander het weer die wenkbroue laat lig …

Gwen Stefani, wat die afgelope tyd baie in die media was oor haar kontroversiële egskeiding van die musikant Gavin Rossdale, het op die rooi tapyt verskyn met ’n interessante rok. Die bostuk is baie formeel terwyl die materiaal oor haar bene byna heeltemal deursigtig is. Die onderkant van die uitrusting klok uit om ’n kort sleep te vorm.

Gwen se nuwe kêrel, die country-sanger Blake Shelton, was nie teenwoordig nie, maar hy het sy ondersteuning op Twitter gewys. Net voor Gwen opgetree het, het hy die volgende getwiet:

 

Wat dink jy van Gwen se rok?

JA of NEE? Hou jy van Gwen Stefani se rok?

  • Ja
  • Nee

Lees ook