FOTO By renoster-wesies.

FOTO By renoster-wesies.

Het jy gehoor?

‘n Ramp – Interpol oor renosters

Die mens het ’n gulsige aptyt vir renosters se besonderse horing. Deur die eeue gesog vanweë die vermeende helende krag. Gekerf het dit die mooiste, deurskynende kleur.

A photo posted by KWS (@kenyawildlifeservice) on

Ná baie omstredenheid het Suid-Afrika pas sy verbod op die verkoop van renosterhorings binne die landsgrense opgehef. Met net drie kort sinne het die appèlhof die handel daarin weer gewettig en die regering se appèl daarteen van die hand gewys.

Dié beslissing het geen uitwerking op die verbod op internasionale handel in renosterhoring nie. Plaaslike kopers mag dit egter nou aanskaf, berig netwerk24.

Sowat 1 200 renosters is in 2015 deur stropers doodgemaak. Nou beleef ons nog ’n bloedige jaar, aangedryf deur die skerp stygende prys van renosterhoring.

FOTO Bonné in die Krugerwildtuin by anonieme wildbewaarders en die legendariese K-9-hond Killer, wat al baie wilddiewe help vastrek het.

FOTO Bonné in die Krugerwildtuin by anonieme wildbewaarders en die legendariese K-9-hond Killer, wat al baie wilddiewe help vastrek het.

Dié hofbeslissing is vir baie ’n skok, net een te veel. Interpol het aan haar gesê dit sal vir hulle ’n nagmerrie wees, vertel Bonné de Bod uit KwaZulu-Natal, waar sy haar dokumentêre-rolprent, ‘STROOP’,* verfilm. Dit fokus sonder tierlantyntjies op die ou grotes se uitwissing.

“Ek kyk spesifiek na twee dinge: bron en aanvraag. Die verbruikers is duisende kilometer ver in Asië; die bron is hier, plaaslik. Die twee is wêrelde verwyder. Daar is geen vraag na renosterhoring in Suid-Afrika nie. Dit sal beteken dat horings wat private renoster-eienaars wettig verkoop, na ’n middelman gaan. Wat dit onwettig sal versprei na waar die vraag die grootste is.”

Bonné het as 50/50-aanbieder talle insetsels oor die renosterslagting gemaak. En toe, op ’n dag in die Krugerwildtuin by die karkasse van twee “pragtige” diere, het sy besef: Sy moet almal wys wat op grondvlak gebeur. Sonder sensors, in een dokumentêre film.

FOTO Bonné bespreek die veeartseny-middels waarmee renosters verdoof word.

FOTO Bonné bespreek die veeartseny-middels waarmee renosters verdoof word.

“Die koppe lê eenkant langs mekaar, die forensiese span moes dit verwyder tydens die soektog na die koeëls. Ek het tussen die karkasse gehurk sodat dit op film vasgelê kon word. Kwaad. Hartseer. Allerhande vrae het by my gespook. Hoe kan ons dit toelaat? Hoe kan die mensdom so ongelooflik wreed wees?

“Renosters is vaal, vervelig? Ek glo persoonlik diere het unieke persoonlikhede. Daar is baie oomblikke wat my geraak het, maar een staan uit. Dit was saam met vyf wesies tussen 6-12 maande in KwaZulu-Natal. Die veldwagters het my waarsku om nie te naby te gaan nie, hulle kan aggressief raak. Ek het op die grond gehurk om my ding voor die kamera te doen. Hulle het stadig nader gestaan, so van agteraf teen my gedruk en uiteindelik hul swaar kennetjies op my lyf gesit. Hulle lyk klein maar ek het gou uitgevind hulle is eintlik baie sterk! Ek het telkens omgeval. Soos wat hulle meer en meer geïrriteerd geraak het omdat ek hulle ignoreer, het hulle hierdie kosbare geluide begin maak…amper soos ’n dolfyn s’n. Dit was spesiaal, maar ook hartseer. Dit was asof hulle wou hê ek moet aan hulle raak, hulle versorg, hulle wou hul ma hê. Sommige van hulle het gesíén hoe sy voor hulle afgemaai en wreed uitmekaar gekap word, het self panga-merke op hul lyfies.

FOTO By renoster-wesies.

FOTO By renoster-wesies.

“Jy weet, ’n renosterkoei en haar kalf het ’n besonderse diep band. Sy is 18 maande lank dragtig en die twee is sowat twee jaar lank onafskeidbaar. Sy paar nie weer voordat haar kalf nie self kan oorleef nie.”

FOTO Saam met krieketspelers Mark Boucher (regs) en Kevin Pietersen by ’n geleentheid waar renosters verdoof word om hul DNS te verkry vir die databasis RhODIS, wat gebruik word in die forensiese ondersoeke na renosterstropings.

FOTO Saam met krieketspelers Mark Boucher (regs) en Kevin Pietersen by ’n geleentheid waar renosters verdoof word om hul DNS te verkry vir die databasis RhODIS, wat gebruik word in die forensiese ondersoeke na renosterstropings.

FOTO Die span van Save the Survivors probeer die lewe red van iThemba, ’n slagoffer in KwaZulu- Natal. Die renosterkoei is ’n paar dae later dood.

FOTO Die span van Save the Survivors probeer die lewe red van iThemba, ’n slagoffer in KwaZulu- Natal. Die renosterkoei is ’n paar dae later dood.

Wanneer sy naby ’n ou grote onder verdowing kom, vat sy saggies aan die vel, altyd opnuut vol verwondering. Dis dik, vol patrone en voel sag en strelend. Nie so koeëlvas soos dit lyk nie.

’n Wêreld sonder renosters? Nooit, sê sy.

*‘STROOP’ word in September vanjaar, renoster-bewusmakingsmaand, vrygestel. Kyk die voorprent hier:

Besoek bonnedebod.co.za; facebook/stroopdiefilm

Bykomende bron: news.nationalgeographic.com