Het jy gehoor?

Jack en Jenna se Ruby is hier!

“Vandag is die gelukkigste dag van Zander Tyler (Jack Parow) en Jenna se lewens,” lees ‘n amptelike persverklaring. “Hul gesonde babadogtertjie, Ruby Tyler, is in Kaapstad gebore.”

“Hello Ruby Tuesday! Ons is baie gelukkig en baie dankbaar,” was Parow se boodskap.

Die paartjie gaan vir die volgende maand al hul tyd saam met baba Ruby deurbring, en geen onderhoude gaan toegestaan word nie. Daar is ook geen foto’s beskikbaar nie.

Op Twitter het Jenna gister dié laat weet: “Ruby’s been sleeping in my arms since 4 pm. Unbelievably happy and blessed. Thank you for all the support.”

Kyk na foto’s van Jenna se ooievaarstee

  • Jeanne

    Waarom trou mense deesdae nie VOOR hulle ‘n gesin begin nie? Daar’s hordes voorbeelde van buite egtelike babas en dan ook die mense wat vir jare verloof bly, wat is die punt daarvan?

  • bekkie

    Jeanne,want die mense se standarde het verval in onsedelikheid..van TV oor geneem het is daar mos nie meer Godsdienstige opleiding nie,want nie ouer of groot ouers weet meer hoe om kinders goeie wardes te leer nie,wat nog te se van Christluk wardes…ons kry nog christene maar jy noem dit die sondag christen,wat op sondae kerk toe gaan…dis waar dit stop….