Jack en sy vrou Lisa Osbourne FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Jack Osbourne se veelvuldige sklerose vererger

Jack Osbourne is verlede jaar met veelvuldige sklerose gediagnoseer, en sy simptome begin nou vererger.

Veelvuldige sklerose is ’n siekte wat jou sentrale senuweestelsel, jou brein en rugstring aantas. Dit veroorsaak dat jy sukkel met spierbeheer en -sterkte, sig, balans, gevoel en ’n vlot gedagtegang. Dit kan óf ’n geringe effek op jou lewe hê, óf jou liggaam ervaar drastiese veranderinge. Die meeste mense bevind hulle tussen dié twee ekstreme vorme van die siekte. Jack is gelukkig dat hy die meeste van die tyd nie ekstreme simptome ervaar nie, maar dít vererger nou.

Jack het hierdie jaar aan die werklikheidsreeks Dancing with the Stars deelgeneem om bewustheid oor dié siekte te kweek. Hoewel hy minimale simptome van veelvuldige sklerose ervaar, het sy simptome onlangs opgevlam net voordat hy op die dansvloer moes gaan.

Hy het op sy Facebook-blad gesê hy het erge migraine en sigprobleme ervaar. “Ek het aanvanklik gedink dit is net nóg ’n migraine, maar soos die dag gevorder het, het dit nie verbeter nie. Ek het ook pyne in my bene in arms. Ná weke wat ek geen simptome ervaar het nie, het dié week my daaraan herinner dat die veelvuldige sklerose steeds daar is.”

Ten spyte hiervan het hy steeds sy danspassies uitgevoer. Hy is een van die finale vier finaliste in dié kompetisie waar ’n bekende saam met ’n professionele danser dans en teen ander danspare meeding.

Jack is getroud met Lisa, ’n aktrise en blogger, en het reeds ’n 1-jarige dogtertjie, Pearl. Lisa het onlangs ’n baba verloor – lees meer hier.

Pearl, Jack en Lisa FOTO: Twitter

Pearl, Jack en Lisa FOTO: Twitter