FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Jack Osbourne se vrou verloor baba

SARIE.com het verlede maand berig dat Jack Osbourne se vrou, Lisa wéér swanger is. Ongelukkig het Lisa dié baba verloor.

Dié paartjie is die trotse ouers van die 17 maande oue Pearl en was baie opgewonde vir nog ‘n swangerskap. Lisa het haar tweede swangerskap op haar blog, RaddestMom.com, aangekondig. “Ek en Jack is baie opgewonde om met julle die nuus te deel dat ons ‘n tweede baba verwag! Ek is in my tweede trimester, voel goed en probeer nie om alles in sig te eet nie!”

Sy het op dieselfde blog haar hartseer nuus bekendgemaak. Sy het geskryf:

Ek en Jack het ons babaseun verlede week verloor. Om so ver in die swangerskap ‘n miskraam te hê, is die moeilikste ding wat al oor ons pad gekom het. Ons waardeer al jul gebede.

Louis & Lise se Wie is ek: Infertiliteit en miskraam

Sy het bygevoeg: “Ons weet nooit hoekom hierdie tipe goed gebeur nie. Al wat ons kan doen is om op God te vertrou en te glo dat hy ‘n plan vir ons lewens het. Die 27-jarige Jack wat nou ‘n televisie fiksheid- en reisaanbieder is, is verlede jaar met veelvuldige sklerose gediagnoseer.

Jack en Pearl

FOTO: Jack en Pearl

BangShowBiz