FOTO: Verskaf 
Jack Parow

FOTO: Verskaf Jack Parow

Het jy gehoor?

Jack Parow en Loki Rothman samel geld in vir borskanker

Die plaaslike musikante Jack Parow en Loki Rothman span kragte saam met Harley-Davidson Africa om die publiek oor borskanker in te lig en fondse vir dié verdienstelike saak in te samel.

Die Fearless-veldtog beoog om (met jou hulp) selfs meer as verlede jaar se R100 000 in te samel en aan KANSA (Kankervereniging van Suid-Afrika) te skenk.

FOTO: Verskaf Loki Rothman

FOTO: Verskaf
Loki Rothman

Só kan jy betrokke raak

Jack en Loki tree op by Harley-Davidson se Fearless-musiektoer met vertonings in Kaapstad (16 September), Durban (17 September) en Johannesburg (24 September). Kaartjies kos R175 en kan by Webtickets gekoop word.

Daar is ook die Pink Glove Run op 31 Oktober, waar motorfietsryers uitgenooi word om aan plaaslike parades deel te neem.

promo

Juan Mouton, bemarkingsbestuurder van Harley-Davidson Africa, sê “om fearless te wees beteken om vooropgestelde idees soos ‘dit sal nie met my gebeur nie’ of ‘ek is te jonk’ af te breek.” Hy voeg by dat hulle saam met KANSA werk om vroue in te lig en te bemagtig.

Besoek gerus hul Facebook-blad vir meer inligting

Lees ook 

___________

Wie’s ons VOORBLAD-WENNER? Kom kyk en kuier saam!

Dis ons aand van die jaar met glans, bekendes en ons Voorbladfinaliste. Wees op 6 September deel van die rooitapyt-geleentheid wanneer die twee kategoriewenners uit die 10 finaliste aangewys word, en één dan wegstap as SARIE Voorbladgesig 2015. Dis haar gesig wat op die Oktober-uitgawe van SARIE sal pronk, en jy sal eksklusief ’n eerste kopie van die tydskrif in jou hande kan hê. Moenie die opwinding misloop nie!

Optredes deur die sangers Joseph Clark, Corlea Botha en Joshua na die Reën, met Nadia Beukes as gasvrou, sal die aand selfs meer spesiaal maak. Maak seker jy kry plek – koop jou kaartjie nou!

VBGfader 1 voorbladgesig event

Lees meer HIER

Kry jou kaartjie HIER