sr1203skoonheid_2_
Het jy gehoor?

Jack Parow se modelmeisie verklap haar skoonheidsgeheime

My moet-hê-behandelings
“My vel is vir my baie belangrik, so ek gaan een keer per maand vir ’n gesigbehandeling en ’n vollyf-massering. ’n Goeie massering bevorder sirkulasie en hou jou porieë skoon vir ’n gloeiende vel.”
Oefening
Ek besoek die gimnasium drie of vier keer per week, hoewel ek glad nie daarvan hou nie! Dis gewoonlik so ’n uur met gewigte oefen, en dan ’n bietjie draf of iets soos skopboks doen. Vandat ek nie meer bikram-joga kan doen nie, woon ek vinyasa-jogaklasse by, wat veilig is as jy swanger is.
Geur-gunsteling
Ek hou nie van parfuum wat baie soet is nie. Verder kies ek waarvan ek hou, ek is nie baie spesifiek nie. Een van my gunstelinge is D&G L’Impératrice (R660 vir 100 ml EDT)
Gesonde Gewoontes
Balans is vir my die belangrikste wanneer dit kom by gesondheid. Ek drink baie water en eet enigiets wat ek wil, maar hou altyd matigheid voor oë. Ek eet veral groente en vrugte, en kosse soos salm, neute en avokado wat goed is vir jou vel. Maar ek is nie skaam om vir my ’n pizza te bestel as ek die aand lus is daarvoor nie!