FOTO: Niquita Bento

FOTO: Niquita Bento

Het jy gehoor?

Jackie Burger oor styl en sjokolade

Jackie Burger, styl-ikoon en vorige redakteur van die modetydskrif Elle, gesels met Heike Werth oor haar styl, spiritualisme en soeke na balans.

Haar styl…

Ek het ʼn baie klein klerekas … sommige weke raak ek behep met een item in my kas en dan is dit al wat ek dra. Styl is vir my ʼn baie persoonlike boodskap wat jy uitstraal, dit gaan hoofsaaklik oor hoe jy jóúself dra.

Mooi is my passie. Estetika is my passie. Ek kyk na alles in terme van die lyn, vorm of kleur daarvan. Ek hou van goeie vakmanskap, goeie lap, natuurlike lap. Ek dink ek het ʼn taamlike klassieke styl en binne dit speel ek rond.

Haar spiritualisme…

Ek is ʼn Boeddhis. My spiritualisme is vir my baie belangrik. Ek glo egter nie Boeddhisme is ʼn godsdiens nie, dit is ʼn filosofie, ʼn lewensuitkyk.

For every action has a reaction. Dit gaan vir my oor ʼn bewuste lewe. Dit wat jy doen, gaan ʼn gevolg hê.

Ek glo egter sjokolade, oftewel goeie sjokolade, is baie goed vir jou.

Haar balans…

Ek is nooit getroud nie en ek het nie kinders nie, maar ek bewonder vroue wat kan multitask. My loopbaan was nie ʼn doelbewuste keuse wat ek gemaak het nie, ek het nie op ʼn dag besluit ek wil ʼn career girl word nie. Ek volg net my passie. Ek lewe so lig en vry as moontlik.

 Lees nou